Krabbel

hier krabbel ek sommer gedagtes, drome en dinge

Dankgebed May 28, 2008

Filed under: Ander se gedigte — Nicole @ 1:55 pm
Tags: , , ,

Deur Sheila Cussons

My Dank na die Mis – Universele Gebed
 
"Heer, ek glo in U: versterk my geloof.
Ek vertrou op U: versterk my vertroue.
Ek bemin U: laat ek U nog meer bemin.
Ek is spyt oor my sondes: verskerp my spyt.
Ek aanbid U as my eerste begin,
ek verlang na U as my laaste einde,
ek loof U as my gedurige hulp,
ek roep U aan as my liefdevolle beskermer.
 
Laat u wysheid my lei,
korrigeer my met u regverdigheid,
vertroos my met u genade,
beskerm my met u mag.
Ek gee U my gedagtes, Heer, laat hulle oor U wees;
my woorde: dat hulle U in gedagte steeds hou;
my dade: dat hulle my liefde vir U mag weerspieël;
my lyding: om verduur te word tot u groter heerlikheid.
Ek wil doen wat U van my vra:
soos U dit vra,
solank U dit vra,
omdat U dit vra.
Heer, verlig my begrip,
versterk my wil,
reinig my hart,
en maak my heilig.
Help my om my sondes van die verlede te erken,
en om versoeking in die toekoms te weerstaan,
help my om my menslike swakhede te bowe te kom
en om sterker te word as Christen.
Laat my U liefhê, my Heer en my God,
en help my om myself te sien soos ek is:
’n pelgrim in hierdie wêreld,
’n Christen geroep om die lewens wat ek aanraak
te respekteer en lief te hê,
dié in gesag bokant my,
my vriende en my vyande.
Help my om woede met sagmoedigheid te oorwin,
hebsug met vrygewigheid,
halfhartigheid met toegewydheid.
Help my om myself te vergeet
en om uit te reik na andere.
Help my om verstandig te beplan,
en om risiko’s moedig te neem.
Laat ek geduldig wees in lyding,
beskeie in voorspoed.
Help my om aandagtig te bid,
en om matig te wees met voedsel en drank,
getrou in my werk,
standvastig in my goeie besluite."

Advertisements
 

Post-proefpreek May 25, 2008

Filed under: my lewe — Nicole @ 5:47 pm
Tags: , ,

Gits, wat ‘n dag!

So vanoggend was my proefpreek gewees. En om eerlik te wees was dit nie so erg soos ek gdink het dit kan dalk wees nie.

Eintlik, was dit n voorreg om Proffies te he wat hulle ervaring, opinie en wysheid met my kon kom deel hier in V-town.

Toe ek vanoggend uit my woonstelletjie stap was dit bewolk gewees. Bewolktheid dink ek is my geluk. Want die eerste keer toe ek in Suikerbos preek het dit ook gereën, so hard dat die mense my skaars kon hoor. En toe ons in die kerk sit vanoggend het dit ook op die ou end begin reën. Hoe heerlik, die reën wat buite val in die middel van Mei! Amper asof God wou sê; Nicole, my kind, Ek is hier. O en ek was tog bewus van Sy teenwoordigheid vandag. Hy het my opgewonder gemaak vir vandag, Selfverseker, tog nederig. Dis tog Sy Woord wat ek kom verkondig. Sy Woord wie se goue drade wat ek vir die gemeente moet uithaal, soos Prof Gert sou sê. Daar was spanningvolle oomblikke, wat ek bietjie deurmekaar was en onkant gevang is. Kyk, tyd wag vir niemand nie, nie eers vir my preek nie. Na ‘n halfuur het ek Amen gesê na mypreek.

Die kritiek was goed. Dinge wat ek reeds weet, en dinge wat ek weet ek moet dalk meer aan werk. dinge wat ek vir die eerste keer kliek, en dinge wat ek nooit geweet het. Dis mos kritiek. Kritiek wat ek so baie waardeer. Veral as dit van jou Prof kom wat jou van jou eerstejaar af ken. En die doktor wat altyd daar was met groot besluit en wie se deur altyd oop is vir my. Miskien is dit hoekom hierdie kritiek vir my waardevol is. Ek sal my nie verknog aan die idee van hoe ek dit beter kon doen nie. Maar met vrede weet, ek het die beste gedoen wat ek nou kan. My evalueerders los my met hoop, vrede en vreugde wat my opgewonde maak oor my toekoms.  Hoe sê mens dankie vir dit?

Dit was lekker om my oulike gesinnetjie by die Kerk te he.   Sodat  hulle die mense kan ontmoet vir wie ek so lief raak. Mense vir wie ek wil preek. Mense by wie ek wil wees. Wat ek weet gee vir my om, vir my mooi boodskappe stuur en drukkies gee. Mense saam wie ek en my gesin ook tyd kon deurbring tydens ete. Wat ‘n voorreg is dit nie, om in so situasie te wees. In ‘n gemeente wat my met oop harte aanvaar. Dis dalk ook waarskynlik dat my ouers met vrede huistoe is, en weet ek is op goeie plek. Fisies en geestelik.

Na vandag kan ek net weereens getuig van die Heilige Gees se teenwoordigheid in my lewe, Hy verbaas my gedurig.  Sonder Hom sou my lewe droog en eensaam gewees het. MY gebed is nou dat ek hierdie Gees in my met soveel as moontlik mense sal deel. Nie noodwendig met woorde nie, maar deur wie ek is. God se kind. Dis my gebed vir almal vannaand.

 

Pre-Proefpreek May 21, 2008

Filed under: my lewe — Nicole @ 12:52 pm
Tags: ,

My hart sit in my keel en ek dink my derms is geknoop. Maandag het die stres soos die duiwel op my skouers kom sit en hoofpyn uitgedeel asof dit verniet is.

Proefpreek. DIe preek waar Dosente my kom krit. Kyk of ek nie besig is met dwaalleerdery, ek’t mos hoeka in Pretoria gestudeer.

Om die regte teks te gekry het was ‘n storie. my aanvanklike preek was ek nie meer tevrede nie. En ek dink ek het ‘n kreatiewe blok gehad. So, soos al my dinge is als vir die laaste paar dae oorgeslaan. Wat nie deel van my beplanning was nie.

Maar ek was eerlik, ek het geweet ek moet n ander teks kry. En die teks het toe gekom. Ja, ek het dit nie per se gaan soek nie, dit het gekom.

So teen Maandag is ek doenig met dié teks. En dis lekker, ag sommer baie lekker. En dit raak net lekkerder. Die teks beteken vir my iets, ek kan dit preek en deel met mense.

Mense. Mense vir wie ek baie lief raak. Mense wat belowe m vir my te bid, en vertroue in my het. Mense wat vir my bid, en ek weet, dit kom uit die hart.

Kan God vir een mens só goed wees?

Ek sien uit na my … ons proefpreek. Nogsteeds bietjie spanning, maar net genoeg om my nederig en gemaklik te hou.