Krabbel

hier krabbel ek sommer gedagtes, drome en dinge

Dankgebed May 28, 2008

Filed under: Ander se gedigte — Nicole @ 1:55 pm
Tags: , , ,

Deur Sheila Cussons

My Dank na die Mis – Universele Gebed
 
"Heer, ek glo in U: versterk my geloof.
Ek vertrou op U: versterk my vertroue.
Ek bemin U: laat ek U nog meer bemin.
Ek is spyt oor my sondes: verskerp my spyt.
Ek aanbid U as my eerste begin,
ek verlang na U as my laaste einde,
ek loof U as my gedurige hulp,
ek roep U aan as my liefdevolle beskermer.
 
Laat u wysheid my lei,
korrigeer my met u regverdigheid,
vertroos my met u genade,
beskerm my met u mag.
Ek gee U my gedagtes, Heer, laat hulle oor U wees;
my woorde: dat hulle U in gedagte steeds hou;
my dade: dat hulle my liefde vir U mag weerspieël;
my lyding: om verduur te word tot u groter heerlikheid.
Ek wil doen wat U van my vra:
soos U dit vra,
solank U dit vra,
omdat U dit vra.
Heer, verlig my begrip,
versterk my wil,
reinig my hart,
en maak my heilig.
Help my om my sondes van die verlede te erken,
en om versoeking in die toekoms te weerstaan,
help my om my menslike swakhede te bowe te kom
en om sterker te word as Christen.
Laat my U liefhê, my Heer en my God,
en help my om myself te sien soos ek is:
’n pelgrim in hierdie wêreld,
’n Christen geroep om die lewens wat ek aanraak
te respekteer en lief te hê,
dié in gesag bokant my,
my vriende en my vyande.
Help my om woede met sagmoedigheid te oorwin,
hebsug met vrygewigheid,
halfhartigheid met toegewydheid.
Help my om myself te vergeet
en om uit te reik na andere.
Help my om verstandig te beplan,
en om risiko’s moedig te neem.
Laat ek geduldig wees in lyding,
beskeie in voorspoed.
Help my om aandagtig te bid,
en om matig te wees met voedsel en drank,
getrou in my werk,
standvastig in my goeie besluite."

 

Post-proefpreek May 25, 2008

Filed under: my lewe — Nicole @ 5:47 pm
Tags: , ,

Gits, wat ‘n dag!

So vanoggend was my proefpreek gewees. En om eerlik te wees was dit nie so erg soos ek gdink het dit kan dalk wees nie.

Eintlik, was dit n voorreg om Proffies te he wat hulle ervaring, opinie en wysheid met my kon kom deel hier in V-town.

Toe ek vanoggend uit my woonstelletjie stap was dit bewolk gewees. Bewolktheid dink ek is my geluk. Want die eerste keer toe ek in Suikerbos preek het dit ook gereën, so hard dat die mense my skaars kon hoor. En toe ons in die kerk sit vanoggend het dit ook op die ou end begin reën. Hoe heerlik, die reën wat buite val in die middel van Mei! Amper asof God wou sê; Nicole, my kind, Ek is hier. O en ek was tog bewus van Sy teenwoordigheid vandag. Hy het my opgewonder gemaak vir vandag, Selfverseker, tog nederig. Dis tog Sy Woord wat ek kom verkondig. Sy Woord wie se goue drade wat ek vir die gemeente moet uithaal, soos Prof Gert sou sê. Daar was spanningvolle oomblikke, wat ek bietjie deurmekaar was en onkant gevang is. Kyk, tyd wag vir niemand nie, nie eers vir my preek nie. Na ‘n halfuur het ek Amen gesê na mypreek.

Die kritiek was goed. Dinge wat ek reeds weet, en dinge wat ek weet ek moet dalk meer aan werk. dinge wat ek vir die eerste keer kliek, en dinge wat ek nooit geweet het. Dis mos kritiek. Kritiek wat ek so baie waardeer. Veral as dit van jou Prof kom wat jou van jou eerstejaar af ken. En die doktor wat altyd daar was met groot besluit en wie se deur altyd oop is vir my. Miskien is dit hoekom hierdie kritiek vir my waardevol is. Ek sal my nie verknog aan die idee van hoe ek dit beter kon doen nie. Maar met vrede weet, ek het die beste gedoen wat ek nou kan. My evalueerders los my met hoop, vrede en vreugde wat my opgewonde maak oor my toekoms.  Hoe sê mens dankie vir dit?

Dit was lekker om my oulike gesinnetjie by die Kerk te he.   Sodat  hulle die mense kan ontmoet vir wie ek so lief raak. Mense vir wie ek wil preek. Mense by wie ek wil wees. Wat ek weet gee vir my om, vir my mooi boodskappe stuur en drukkies gee. Mense saam wie ek en my gesin ook tyd kon deurbring tydens ete. Wat ‘n voorreg is dit nie, om in so situasie te wees. In ‘n gemeente wat my met oop harte aanvaar. Dis dalk ook waarskynlik dat my ouers met vrede huistoe is, en weet ek is op goeie plek. Fisies en geestelik.

Na vandag kan ek net weereens getuig van die Heilige Gees se teenwoordigheid in my lewe, Hy verbaas my gedurig.  Sonder Hom sou my lewe droog en eensaam gewees het. MY gebed is nou dat ek hierdie Gees in my met soveel as moontlik mense sal deel. Nie noodwendig met woorde nie, maar deur wie ek is. God se kind. Dis my gebed vir almal vannaand.

 

Pre-Proefpreek May 21, 2008

Filed under: my lewe — Nicole @ 12:52 pm
Tags: ,

My hart sit in my keel en ek dink my derms is geknoop. Maandag het die stres soos die duiwel op my skouers kom sit en hoofpyn uitgedeel asof dit verniet is.

Proefpreek. DIe preek waar Dosente my kom krit. Kyk of ek nie besig is met dwaalleerdery, ek’t mos hoeka in Pretoria gestudeer.

Om die regte teks te gekry het was ‘n storie. my aanvanklike preek was ek nie meer tevrede nie. En ek dink ek het ‘n kreatiewe blok gehad. So, soos al my dinge is als vir die laaste paar dae oorgeslaan. Wat nie deel van my beplanning was nie.

Maar ek was eerlik, ek het geweet ek moet n ander teks kry. En die teks het toe gekom. Ja, ek het dit nie per se gaan soek nie, dit het gekom.

So teen Maandag is ek doenig met dié teks. En dis lekker, ag sommer baie lekker. En dit raak net lekkerder. Die teks beteken vir my iets, ek kan dit preek en deel met mense.

Mense. Mense vir wie ek baie lief raak. Mense wat belowe m vir my te bid, en vertroue in my het. Mense wat vir my bid, en ek weet, dit kom uit die hart.

Kan God vir een mens só goed wees?

Ek sien uit na my … ons proefpreek. Nogsteeds bietjie spanning, maar net genoeg om my nederig en gemaklik te hou.

 

Wêreld vandag March 28, 2008

Filed under: gedig — Nicole @ 9:32 am

Gegrond op onreëlmatige inligting

Baseer ek my opinie van die wêreld

Ingenome met my besluit

Wandel ek in die gange

Van onregverdige kommas

Wat aan my hak soos ek beweeg

Die onoortreflike lied in my wese

En die verontagsaamheid daarvan

Sal ek voortbeweeg

Die kwaad vomeer oor die strate

Baie en dit raak knaend aan my

Wêreld so sal jy wees

En ek.

 

Heilige Gees in ‘n Kontakweek. March 9, 2008

Filed under: Uncategorized — Nicole @ 5:29 pm
Tags: , , ,

En skielik besef ek hoe skrikwekkend dit is hoe baie mens kan groei in een week. Een week ja, 7 dae. Maandag tot en met die Sondag. Elke liewe een van daardie dae, en in ’n pakkie saam op die ou end, is dit dalk ’n week wat ’n groot verskil in my lewe gaan maak. ’n Week waarin ek iets opnuut gevind het. Sonder dat ek noodwendig daarvoor gesoek.

Hoe snaaks is dit dat soms dink jy, jy verstaan iets, en jy weet hoe dit werk, maar dan kom so week om jou net te laat besef dat dinge werk anders. Beter, ongelooflik. In hierdie week het ek iets van my Here weer geleer. Nog altyd het ek geweet Hy is by my, Hy is teenwoordig ’n my lewe. Maar hierdie week het ek sowaar beleef en dit in my diepste binneste gevoel soos nog nooit tevore nie. Hierdie week het ek die Heilige Gees in my lewe weer gesien. Hierdie hele week het Hy aan my gewerk sodat ek kan kom op die punt waar ke nou is. En nooit sal ek ooit nog ’n dag aanpak sonder om bewus te wees van Sy teenwoordigheid, Sy liefde vir my nie.

Ek was altyd bang om iets te wees wat ek nie is nie. Mens wil so graag iets doen, maar dit werk nie altyd so nie. Die eerste oggend het ek besef ek is nie alleen toe ek wakker word en nog deur die slaap, my oggend gebed bid. Iets wat ek bitter min gedoen het, maar altyd wou, en dit het so natuurlik gekom. En ek glo dit is nie omdat ek wou nie, maar omdat dit God se wil was.

In die week het ek liefde ontdek. Liefde tussen medegelowiges, en ek het die waarde daarvan ontdek. Dit word so maklik ’n gewoonte om net “lief” te hê. En soms weet jy ook nie meer of jy nou rêrig lief is of nie en of jy dit net sê nie. Maar ek kon dit voel, ek het dit ingeasem en ek het geweet, dis op Heilige grond wat ek beweeg, want hier tussen my medegelowiges, is God.

En terwyl ek so besig was met klas en my mense, klasmaats en dinge, was daar min tyd vir preek maak. Maar êrens in my hart het ek kalmte gevind daaroor. Ek het vertrou dat alles sal uitwerk. Soms was ek bietjie gespanne oor die preek wat ek nog nie gemaak het nie, ander kere het ek rustig daaroor gedink en gewonder hoe op aarde ek dit gaan reg sê. Ek het gesukkel om die tema my eie te maak, om iets sinvol daarvan te maak, om iets daarmee te doen. En daar was ’n stadium, in ’n baie insiggewende klas, wat dit my getref het soos ’n yskoue wind. Dis nie myne om my eie te maak nie. Dis nie my preek met my idee nie. En al het ek vroeër gedink ek moet net vertrou, het ek dit geweet, en nog meer, ek het dit waarlik en opreg geglo.

So het dit gekom dat ek to 2h die oggend gesit het en die preek gemaak het wat op my hart gedruk word. Toe ek eers begin was ek nie 100% seker waar dit gaan eindig nie, maar dit het goed geëindig. En vanoggend voor ek die seën uitspreek kon ek nie help om te glimlag nie, want ek het geweet, die Heilige Gees is daar, en dis Hy wat my gelei het om hierdie preek saam te stel.

Vir die eerste keer in ’n lang tyd het gevoel soos die potlood waarmee God sy liefdesbrief vir die wêreld skryf. En van nou af is dit hierdie week wat ek aan sal dink as dinge moeilik gaan. Dis hierdie week wat my sal herinner aan die teenwoordigheid van God in en om my. Dis nie iets wat ek net sal weet omdat ek dit êrens gelees of gehoor het nie. Dis iets wat ek glo, op vertrou en op staatmaak. Want as een mens beteken ek niks. Maar as een mens wat in God glo en Hom 100% met my alles wil dien en liefhê… dan beteken ek baie meer. En daarom moet ek hierdie week met iemand deel.

Amen.

 

Liefde February 23, 2008

Filed under: Liefde — Nicole @ 2:21 pm
Tags: , , ,

Liefde is nou maar ‘n onderwerp waaroor ek nog baie sal dink, skryf, dig en wonder. Dit fassineer my, irriteer my en omhels my.

Die liefde en die lewe, waar kom hierdie idee wat one het vandaan oor die liefde? Wel hierdie is een opsie.

//www.imdb.com/title/tt0101414/)

Daar is ‘n sekere liedjie wat gereeld by my opkom. Die liedjie was een van my gunstelinge toe ek maar nog ‘n jong meisie van tien of iets was. Ek het al die woorde geken. Maar daar is een frase wat altyd by my vashak : “I want adventure in the great wide somewhere, I want is more than I can tell…!” En dan sien ek in my geestesoog hoe Belle uit hulle klein en vervelige dorpie hardloop terwyl sy dit sing. Dis net nadat die vreeslike Gaston haar soortvan gevra/beveel het om te trou.

Die liedjie het my laat besef, dat ek hoef nie tevrede te wees met net gewoon nie. Dat ek tog êrens in die hele wye wêreld my avontuur (en liefde) sal vind. En het dit toe nie perfek uitgewerk vir Belle nie?! Haar goedhartigheid en nederigheid toe sy saam die Beast in die kasteel gebly het, is nog iets wat my my vasgesteek het. En ewige liefde.

//www.imdb.com/media/rm3924859136/tt0097757)

Dan dink ek, goed waarna soek ek? Ek dink aan die Meermin met die bloedrooi hare, die die oulikste vis as ‘n beste vriend. En hoe het sy nie daardie standbeeld bewonder nie? So baie dat sy enige iets sou doen om by die werklike weergawe van die standbeeld te kan kom. Ja, ek het ook so standbeeld. Een wat ek deur al die jare gekap en gekerf het. Mense, vriende, flieks, karakters, drome, ervarings en teleurstellings het alles gehelp om te kerf aan die vorm van die standbeeld van my. Dis daardie eienskappe wat ek oor droom soos Arial.

//www.imdb.com/title/tt0103639/)

Dis daardie standbeeld wat ek wens my op sy wondermat wil wegvoer na ‘n plek met helder kleure en soet vrugte. Aladdin het verseker ‘n paar punte gewen met daardie mat van hom. Goed, hy het nou hulp gehad van die Genie, ek verwag nie elke ou moet ‘n brons lamp uit sy sak pluk en vir my die wêreld gee nie. Al wat ek soek, is die liefde, dink net aan daardie lied wat hulle saam sing, niemand sal hulle weer kan skei in hierdie splinternuwe wêreld wat net hulle s’n is nie.

Hierdie is ‘n paar idees wat my al van kleins af beïnvloed het. Daar is nog stories, soos Sneeuwitjie, my gunsteling, miskien omdat ek ook die donker hare, en ligte vel het, daarby het ek ook gehekelde sakke, krom gedigte, en die siekte; dagdromery. Maar ek sal saam sewe dwergies kon bly. Om in ‘n woud te woon en altyd ‘n lied in jou hart te hê klink pret. En natuurlik, die ridder op die witperd… was dit ‘n witperd? Ek is seker dit was. En kyk hoe het hy haar gered.

Aspoestertjie, nog ‘n storie van hoop. So ek is nou wie ek is, maar dit beteken nie ek is nie spesiaal nie. Stiefsusters mag jou kalklig steel, maar die ware jy sal raak gesien word.

Ek dink, as ek kon sou ek nog kon aangaan. My punt is. Hierdie sprokies wat ek hierbo genoem het is net ‘n paar wat my idee van ware liefde beïnvloed het. Dis die stories wat jy sien en hoor as jy klein is en jou drome meer bou. Dis dié idees wat jou lugkasteel bewoon.

Al is ek ouer, miskien bietjie wyser en dalk meer realisties, is dit nogsteeds dié idee van liefde waaraan ek vashou. Gewoon is nooit net genoeg nie…

Beast: You- You came back.
Belle: Of course I came back. I couldn’t let them… Oh, this is all my fault. If only I’d gotten here sooner.
Beast: Maybe it’s better… it’s better this way.
Belle: Don’t talk like that. You’ll be all right. We’re together now. Everything’s going to be fine, you’ll see.
Beast: At least… I got to see you… one last time.

(http://www.imdb.com/title/tt0101414/quotes)

 

Gewoon February 19, 2008

Filed under: gedig — Nicole @ 9:36 am
Tags: , , , ,

Gegriffel in my gedates

Sit die eenvoud van my wese

My onsamehangende drome

Van ’n doodgewone mens

Opsoek na metafisiese ervarings

In sekulariteit

Doodgewone mens

Met ’n God in my hart